Die Luiperdvleuel Danie Dames het sy 50e wedstryd in die Groen-en-rooitrui Vrydagaand in ‘n laaaaang wedstryd in Potchefstroom met twee drieë teen die Griffons gevier.
Drie Varsitybekerspelers Hoffman Maritz, Tiaan Dorfling en MB Lusaseni is in die Luiperds XV-tal ingesluit wat Vrydagmiddag op Olënpark teen die Griffons te staan kom terwyl Akker van der Merwe ‘n welverdiende kans op haker kry.
Die Luiperds het Saterdagmiddag hul grootste Vodacomoorwinning nog oor die Blou Bulle op Loftus Versfeld behaal en die Springbok André Pretorius het ook ‘n Luiperdrekord in die slag laat bly.
Die Luiperds XV-tal faseer sy Puk-spelers Vrydag of Saterdag op Loftus Versfeld van die bank af in wanneer hulle teen die Blou Bulle te staan kom behalwe op loskopstut waar Martin Dreyer in die beginspan opgeneem is.