2013-10-1
Snyman bly Luiperd-kaptein
Snyman voer die Luiperds weer aan - Foto: Gallo Images

Die Luiperdkaptein Edgar Marutlulle, die senter George Tossel en die slot MB Lusaseni is op hul bank ingesluit vir Vrydagaand se Eersteliga-halfeindstryd in Port Elizabeth teen die Kings.

Die span wat sewe drieë in George teen die Arende gedruk het is net so behou ongeag die beseerdes wat na hul beserings terugkeer.

Jorrie Muller het ook besluit dat Warren Gilbert genoeg gedoen het om weer op losskakel te begin terwyl Tiaan Dorfling sy adjudant is.

Met Marutlulle op die bank en tot impakspeler beperk sal die slot Brendon Snyman weer die leisels vat met Peet van der Walt as sy slotmaat.

Lusaseni se besluit om hom aanstaande jaar by die Leeus aan te sluit moes Chaka Willemse laat besluit het om met die slotpaar te begin.

Die loskopstut BG Uys word aanstaande jaar ‘n King hoewel hulle ook weer in die Eersteliga speel.

Die ander Luiperd wie terugkeer PE toe is die Onder 21-skrumskakel Jaco Grobler, wie al verskeie keer vir die senior span uitgedraf het.

Die Luiperds het ook ‘n volle voorry op die bank wat die SA kragopte-lkampioen Joe Smith insluit.

Dumisani Matyeshana, wie tot en met 2011 in 34 wedstryde vir die Luiperds gespeel het, begin weer op buitesenter.

Luiperds vs. Kings: Danie Dames; Luther Obi, Dumisani Matyeshana, Adriaan Engelbrecht, Edmar Marais; Warren Gilbert, Johan Laker; SJ Niemand, Morné Hanekom, Philip de Wet, Brendon Snyman ©, Peet van der Walt, Elardus Venter, Jacques Vermaak, BG Uys. Reserwes: Edgar Marutlulle, Joe Smith, Stoof Bezuidenhout, MB Lusaseni, HP Swart, Tiaan Dorfling, George Tossel.