2014-5-27
Skerp Spies vir Pumas
Frikkie Spies in aksie vir Griekwas

Die Pumas het hul slotkas Maandag met Frikkie Spies, wie die afgelope twee seisoene in Frankryk rugby gespeel het, aangevul. Spies het voorheen vir die Leeus, die Boland en die Griekwas uitgedraf.

Die 29-jarige Spies sal die volgende twee jaar in Nelspruit rugby speel waar hy hom by Giant Mtyanda, JJ Breet en Marius Coetzer aansluit.

Die jong vuurvreter Ruan Venter keer egter terug Leeus toe waar hy ‘n kontrak het en die Pumas is waarskynlik in die mark vir nog ‘n slot.

Rudi Mathee, wie vir die Leeus Superrugby speel, keer vir die Curriebeker terug Laeveld toe om sy vennootskap met Spies te hervat.

Die twee het saam hul junior rugby vir die Leeus gespeel hoewel Spies ‘n jaar ouer is.

Die Pumas speel aanstaande Saterdag in Kempton teen die Valke, twee weke later in Nelspruit teen die Griffons, op die 5e in Kimberley teen Griekwas en die 18e tuis teen die Boland.

*Spies het afgelope twee jaar in Tarbes in Frankryk rugby gespeel.