2013-8-14
Luiperd-staatmaker word Griekwa
Danie Dames pak die Boland Saterdag in Potch

Twee van die Luiperds se agterspeler-staatmakers het groener weivelde vir aanstaande seisoen gesoek. Die Namibiese heelagter Danie Dames speel aanstaande seisoen in Griekwas se Poublou en die senter Hennie Skorbinski in die Pumas se Pienk.

Dames is nieteenstaande sy toekomsplanne weer Saterdag op etenstyd in Potchefstroom terug op heelagter nadat hy verlede week vleuel toe geskuif is en Edmar Marais is terug met die nommer-elf op sy rug.

Skorbinski is nie vir die naweek oorweeg nie en speel aanstaande jaar sy rugby in Nelspruit.

Dit is die twee Luiperds wie gewis aanstaande jaar elders speel terwyl nog ‘n paar elders onderhandel.

Behalwe vir Skorbinski kon die flank Robert Kruger nie vir die Boland-stryd oorweeg word nie. Bernie van Rooyen skuif op beginspan toe met Philip de Wet wie op die bank inskuif.

Stompie (de Wet) en Stoof (Stephan Bezuidenhout) is albei terug op die bank na lang beserings. Bezuidenhout se hand het verlede week uit gips gekom.

Die Luiperds het ‘n 5/2-bank gekies met net Tiaan Dorfling en Jarry Buys as agterspeler-reserwes.

Luiperds vs. Boland: Danie Dames; Luther Obi, Charl Weideman, George Tossel, Edmar Marais; Meel Engelbrecht, Johann Laker; Morné Hanekom, HP Swart, Bernie van Rooyen, Brendon Snyman ©, MB Lusaseni, Elardus Venter, Edgar Marutlulle, BG Uys. Reserwes: Akker van der Merwe, Stephan Bezuidenhout, Martin Dreyer, Peet van der Walt, Philip de Wet, Tiaan Dorfling, Jarryd Buys.