2013-7-4
Oupa word 'n Puma
Oupa Herbst in aksie

Die oud-Matie skrumskakel Johan “Oupa” Herbst, wie tans vir die Arende speel en ook vanjaar vir die Kings in Superrugby uitgedraf het, sluit hom aanstaande seisoen by die Pumas aan.

Met Shaun Venter wie vanjaar ook Superrugby vir die Kings speel, het die Pumas nie veel diepte op nommer nege nie en die verwagtinge is dat Venter aanstaande seisoen elders gekontrakteer sal word.

Herbst bied baie ander vaardighede as Venter. Hy het ‘n geleerde skopvoet (ook pale toe) en breek graag. Venter het egter een van die beste angee in die land.

Oupa het tussen sy Matie- en Arende dae ook ‘n draai by Griekwas gemaak en sal gewis baie waarde by die Pumas verskaf.

Herbst het ook gereeld vir Maties vleuel gespeel en sy veelsydigheid is ‘n bonus, veral op die bank.

Venter keer vir die Curriebeker terug Nelspruit toe om vir die Pumas te speel.