2013-5-24
Madiba 'n Griekwa
Howard Mnisi in aksie vir NMMU - Foto: Gallo Images

Griekwas het vir die Curriebekerseisoen ‘n Madiba in sy midde met die nuus dat die senter Howard Mnisi pen op papier gesit het om sy rugby voortaan in Kimberley voort te sit.

Mnisi was een van die Madibaz se sterre in vanjaar se Varsitybeker-reeks en die oud-Shark het onlangs ook probeer om ‘n kontrak by die Cheetahs los te slaan.

Die sterk binnesenter vervang Walter Venter in die Griekwa-groep nadat laasgenoemde sy kruisligamente beseer het en sy stewels finaal opgehang het.

Die Poubloues hoop om hul Curriebekergroep ook met ‘n paar ander aanwinste te versterk.