2013-9-4
Luiperds se Meel op 12
Gerhard Nortier begin op tien vir die Luiperds

Die Luiperds het hul losskakel Adriaan “Meel” Engelbrecht senter toe geskuif vir Vrydagaand se Pumastryd in Nelspruit en ‘n erkende nommer-tien Gerhard Nortier gekies.

Engelbrecht en George Tossel is ‘n groot en fisieke senterkombinasie wat die Pumas se middelveld behoorlik kan toets. Engelbrecht sal steeds die stelskopwerk behartig hoewel hy ‘n nommer 12 op sy rug sal dra.

Die Leeuslot Stephan Greeff is die eerste keer op die Luiperds se bank waar Joe Smith ook ingesluit is.

Hoewel hy Boland toe skuif na die seisoen is Martin Dreyer op loskop in die beseerde BG Uys se plek gekies. Joe Smith skuif op die bank in waar hy en John-Roy Jenkinson die plaasvervanger-stutte is.

SJ Niemand begin weer op agtsteman nadat hy HP Swart verlede week op kort kennisgewing vervang het. Swart het sy kuit beseer en kon nie ‘n fiksheidstoets slaag nie.

Nortier het verlede seisoen altesaam 14 keer vir die Luiperds uitgedraf maar ‘n groot deel van die seisoen misgeloop nadat hy in die Varsitybeker beseer is.

Die Luiperds is met hul rug teen die muur en moet die wedstryd wen om hul posisie op die Eersteliga se punteleer te verstewig.

Ná die stryd het hulle egter twee tuiswedstryde teen die Griffons en die Grens waarin hulle tien punte kan insamel.

Luiperds vs. Pumas: Danie Dames; Luther Obi, George Tossel, Adriaan Engelbrecht, Edmar Marais; Adriaan Engelbrecht, Gerhard Nortier, Johann Laker; SJ Niemand, Robert Kruger, Philip de Wet, Peet van der Walt, MB Lusaseni, Elardus Venter, Edgar Marutlulle ©, Martin Dreyer. Reserwes: Akker van der Merwe, Joe Smith, John-Roy Jenkinson, Stephan Greeff, Bernie van Rooyen, Tiaan Dorfling, Jarryd Buys.