2013-10-9
Kirkwood terug by UJ (en talle ander aanwinste)
Shane Kirkwood vir UJ teen die Puk - Foto: Gallo Images

Die Universiteit van Johannesburg se nuwe afrigter Skollie Janse van Rensburg het twee Valke, onder andere die UJ se strydros die afgelope paar seisoene, gekontrakteer vir aanstaande seisoen se Varsitybeker.

Groot Shane Kirkwood, wie as ‘n leerling aan Marais Viljoen onder Van Rensburg gespeel het, is terug by die Universiteit nadat hy vanjaar Curriebekerrugby by die Valke gespeel het.

Dan het die Valke se losskakel Juan Kotzé ook besluit om Varsitybekerrugby vir die UJ te speel.

Die Universiteit het behalwe vir ‘n klompie Leeu-aanwinste ook nuwe gesigte in Chrysander Botha se jonger broer Devon Botha – ook ‘n Namibiër -, die Shimlas-senter Pieter Morton, die Matieflank JP Swanepoel, die Puk- en Bolandslot Lodewyk Uys en die Griffons-slot Jeremy Jordaan.

Met Krikwood, Uys, Jordaan, David Antonites en fabia Booysen almal beskikbaar het die UJ ‘n rykdom aan slotte.

Die Valke se Cravenweeksenter van ‘n paar jaar gelede Morné Stassen is ook aanstaande seisoen by die UJ.

Daar is ook sprake van nog ‘n paar aanwinste uit die Kaap en selfs een uit die Ooskaap.

Ongelukkig het Bradley Moolman besluit om hom by Scott Fava se Akademie by die Force aan te sluit en speel Johan van der Hoogt aanstaande seisoen by die Shimlas.

Die Puma-haker Francois du Toit is ook aanstaande jaar terug by die UJ om Varsitybeker-rugby te speel.

Tussen die Leeu-juniors wie beskikbaar gestel is, tel Marais Schmidt, JR Esterhuizen, PJ Walters, JP du Plessis, Robert de Bruyn, Jako van der Walt, Vian van der Watt, Ruaan Lerm, Steph de Witt, Cyle Brink, Fabian Booysen, Davon Marthinus en Rikus van Niekerk.

Die loskop Wiseman Kamanga is nes Kirkwood ‘n oud-leerling van Marais Viljoen.