2013-11-19
Gunstige tuisloting vir Luiperds
VodacomCupBall1

Die spanne wat aanstaande jaar in die Vodacomreeks deelneem sal weens kostebesparings weer soos vanjaar in hul eie streke deelneem terwyl die Argentynse Pampas ook weens geldredes nie kans sien om te speel nie.

Noord speel dus weer teen Noord en Suid teen Suid in die reeks wat op 8 Maart afskop en bietjie meer as twee maande later sy hoogtepunt bereik.

Die Luiperds en die Pumas het gunstige lotings in aanstaande jaar se kompetisie, met eersghenoemde wat drie keer tuis teen die groot kanonne, die Leeus, Griekwas en Blou Bulle speel.

Die Pumas speel op hul beurt tuis teen die Bulle, Griekwas en die Luiperds.

Die Griekwas speel in hul eerste wedstryd op Loftus teen die Bulle, maar het tuiswedstryde teen die Griffons, Limpopo, die Leeus en die Valke en sal in minstens drie van hulle die groot gunstelinge wees.

Die Griffons skop die toernooi tuis teen Limpopo af maar het daarna drie taai tuiswedstryde teen die Pumas, Luiperds en Blou Bulle.

Hulle speel weg teen Griekwas, Leeus en Valke in ‘n afdeling waarin daar min maklike wedstryde wag.

Die voorlopige bepalings:

8 Maart:

WP vs. Boland
Vrystaat vs. SWD
Grens vs. Haaie
Blou Bulle vs. Griekwas
Valke vs. Pumas
Luiperds vs. Leeus
Griffons vs. Limpopo

15 Maart:

Boland vs. Vrystaat
Haaie vs. WP
Kings vs. Grens
Leeus vs. Valke
Pumas vs. Blou Bulle
Griekwas vs. Griffons
Limpopo vs. Luiperds

22 Maart:

WP vs. Kings
Vrystaat vs. Haaie
SWD vs. Boland
Blou Bulle vs. Leeus
Valke vs. Luiperds
Griekwas vs. Limpopo
Griffons vs. Pumas

29 Maart:

Haaie vs. SWD
Kings vs. Vrystaat
Grens vs. WP
Valke vs. Limpopo
Luiperds vs. Blou Bulle
Leeus vs. Griffons
Pumas vs. Griekwas

5 April:

Vrystaat vs. Grens
SWD vs. Kings
Boland vs. Haaie
Blou Bulle vs. Valke
Griekwas vs. Leeus
Griffons vs. Luiperds
Limpopo vs. Pumas

12 April:

WP vs. Vrystaat
Kings vs. Boland
Grens vs. SWD
Pumas vs. Luiperds
Griekwas vs. Valke
Griffons vs. Blou Bulle
Limpopo vs. Leeus

26 April:

SWD vs. WP
Boland vs. Grens
Haaie vs. Kings
Blou Bulle vs. Limpopo
Valke vs. Griffons
Luiperds vs. Griekwas
Leeus vs. Pumas

3 Mei:

Kwarteindstryde

10 Mei:

Halfeindstryde

17 Mei:

Eindstryd