2013-6-24
Bokslot vir Griekwas
Hilton Lobberts sluit hom by Griekwas aan

Die Griekwas het nog plaasvervangers vir die Bokheelagter Willie le Roux en die groot slot Edwin Hewitt gekontrakteer. Die Bok Hilton Lobberts is op pad Kimberley toe om vuur in die Griekwa-oond te stook.

Lobberts sal Hewitt se skoene volstaan en diepte op slot  verskaf totdat Ligtoring Landman se Super-verpligtinge verby is. Tot dan sal hy, Jonathan Adendorf en Jaco Nepgen die wa deur die drif moet trek.

Die Bok, wie in twee toetse gespeel het, het die Bulls en Stormers in Superrugby verteenoordig en digby die 100 eersterangse wedstryde vir die Bulle, Boland en WP gespeel.

Gouws Prinsloo verskaf diepte op heelagter en losskakel waar Nico Scheepers en Francois Brummer tans die nommer-een-keuses is.

Prinsloo was twee jaar gelede vir die Vodacomreeks se Speler van die Jaar-benoem en het ook al Curriebekerrugby vir die Sharks gespeel.

Die Italianer Durand Gerber het Saterdag in Vryburg op ‘n proefgrondslag vir die Griekwas teen die Luiperds op tien uitgedraf.