2013-10-15
(T)Rickey kontraktering vir Leeus
Tukkies se Courtnall Skosan word 'n Leeu - Foto: Gallo Images

Die Leeus het een van die Westelike Provinsie se rejects, die skrumskakel Ricky Schroeder en twee Tukkie-vleuels Wynand Willis en Courtnall Skosan vir aanstaande seisoen gekontrakteer.

Schroeder kry ‘n tweede lewe nadat hy in onguns by die WP en die Boland verval het. Hy het ‘n tweejaar-kontrak by die Leeus geteken waar hy met Michael Bondesio, Ross en Guy Cronjé, Tiaan Meyer en Vian van der Watt moet meeding.

Skosan en Willis sal waarskynlik soos Schroeder hoofsaaklik Vodacombekerrugby speel. Spelers van kleur is hoog in aanvraag vir aanstaande jaar se Vodacomreeks.

Hoewel hierdie name getalle volmaak sal die Leeus ‘n paar groot name moet hak om hul man aanstaande jaar in Superrugby te staan.

Schroeder het dit nie by die WP gemaak nie en Willis het sonder veel vuurwerke vir die Luiperds gespeel.

Skosan is die een wat met ‘n bietjie politoer dalk die meeste kan blink.