2012-11-5
 Yaya Hartzenberg, Wilmaure Louw en Stefan Watermeyer in Nelspruit - Foto: Hennie Homann Die Pumas het Maandagoggend in Nelspruit begin oefen met nog twee nuwe gesigte in die groep vir aanstaande jaar in die van die WP-flank Yaya Hartzenberg en die Griekwasenter Wilmaure Louw.
Hartzenberg, Louw, Rosko Specman, JW Bell, Stefan Watermeyer, Frankie Hearne, Jacques Momberg en Ivann Espag is die Pumas se aanwinste vir aanstaande jaar.
Die span het Maandagoggend die eerste keer saam by die Ingwenyama Konferensie en Sportoord in Witrivier saamgeoefen nadat almal die naweek hul intrek geneem het.
Al die nuwe ouens het volgens Jimmy Stonehouse goed geoefen behalwe die beseerdes Renaldo Bothma en Wilhelm Loock wat albei skoueroperasies ondergaan het.
Stonehouse het Maandag weggespring met gertig 200meters in die Laeveldse son en die gereelde Puma-spelers het die pas aangegee en veral Dewald Pretorius het ‘n voorbeeld gestel.
Marius Coetzer het ook stadig begin deelneem aan die oefeninge en Corné Steenkamp is nog besig met rehabilitasie.
Die voormalige UJ en Leeus Onder 19- en Onder-skrumskakel Danny Botha sluit hom Dinsdag op ‘n proefgrondslag by die Pumas aan.
|