2012-8-30
Al die Cheetah-aanwinste
Torsten van Jaarsveld word 'n Cheetah - Foto: Gallo Images

Die Cheetahs is behalwe Caylib Oosthuizen en Rossouw de Klerk ook die Puma-haker Torsten van Jaarsveld en die Luiperdslot Lodewyk de Jager ryker. En agter is die aanwinste Johann Sadie en die Springbok Sewes-speler Cornal Hendricks.

En nou is die jong losskakel Johan Goosen na een wedstryd teen die Griekwas ook deur die Springbokafrigter Heyneke Meyer opgetrek. Sias Ebersohn, wat op pad na die Force in Australië is, speel dus weer Saterdag teen die Sharks.

Sy adjudant is Tewis de Bruyn, wie ook vir SuperSarel Pretorius instaan. Het die ‘Bokke se spelpatroon hom beter gepas was Petoors dal kook nou ‘n Bok.

En was Heinrich Brussow nie tans beseer nie was hy ook ‘n Bok hoewel hy aanvanklik oor die hoof gesien is.

Raymond Rhule is ook ‘n toekomstige Bok en begin ook weer teen die Sharks.

De Jager is ‘n jong slot van meer as twee meter wat deur die Cheetahs se Onder 19-afrigter André Tredoux Potch toe gebring is.

Die Bulle was vroeër vanjaar ook agter sy bloed aan en met Isak van der Westhuizen wat WP Nel Edinburgh toe volg is die Cheetahs dun in die tweede ry.

Cheetahs vs. Sharks: Hennie Daniller; Nico Scheepers, Robert Ebersohn ©, Barry Geel, Raymond Rhule; Sias Ebersohn, Sarel Pretorius; Kabamba Floors, Frans Viljoen, Lappies Labuschagne, Isak van der Westhuizen, Andries Ferreira, Marcel van der Merwe, Hercu Liebenberg, Schalk van der Merwe. Reserwes: Elandré Hugget, Ross Geldenhuys, Waltie Vermeulen, Davon Raubenheimer, Tewis de Bruyn, Philip Snyman, Raymond Benjamin.