2013-4-28
Leeuslot ernstig beseer
Franco Mostert is 'n motorongeluk beseer - Foto: Deon van der Merwe

Die Leeuslot Franco Mostert is Saterdagoggend ernstig in ‘n motorongeluk buite Brits beseer en sal nie weer vanjaar rugby speel nie.

Mostert, wie nie gekies was om Saterdag in Alberton teen die Limpopo Bulle te speel nie, het ernstige heupbeserings opgedoen en sal minstens agt maande op die kantlyn wees.

Die voormalige Tukkie het hom die seisoen in die Leeus se beginspan gevestig en een van Hugo Klopper, JJ Breet of Gavin Annandale sal die naweek as Hendrik Roodt se slotmaat gekies word.

Mostert is in ‘n hospitaal in Fourways opgeneem waar hy geopereer sal word en is in die beste mediese hande beskikbaar. Sy broer JP, wie vir die Valke speel, was ook lank op die krukkerlys na ‘n motorgeluk toe hy aan Maties gestudeer het.

Die Leeus speel Vrydagaand in Durban in ‘n Vodacom-kwarteindstryd teen die Sharks XV-tal.