2013-2-11
 Deon Carney is terug in Suid-Afrika om vir Griekwas te speel Die senter PJ Vermeulen voer die Griekwas Woensdag in Port Elizabeth teen die Kings se A-span aan. Die Griekwas se nuwe aanwins, die losvoorspeler Deon Carney, vroeër van die Hoërskool Noordkaap, sal aan die kant van die skrum begin.
Die losskakel Burton Francis kry ook ‘n proeflopie en indien hy die wedstryd deursien sal ‘n ‘n volwaardige kontrak aangebied word.
Die vleuel Rocco Jansen en die flank Justin Downey, wat ook deel van die Cheetahs se vergrote groep was, is ook in die Poubloues se span.
Die Griekwas sit en wag om te hoor of Francois Brummer in die Cheetahs se toerspan opgeneem word en hy kan moontlik die toer na die Oos- en Suidkaap meemaak.
Die senter JP Nel is nie vir die wedstryd oorweeg nie maar kan dalk moontlik vir Saterdag in George teen die Arende oorweeg word.
Die Matiestut Brummer Badenhorst en die Shimla-skrumskakel Enrico Acker is die nuwe gesigte in die Griekwaspan.
Carney het vir Wellington in Nieu-Seeland se Onder 20’s uitgedraf.
Griekwas vs. Kings: Richard Lawson; Luzuko Vulindlu, Jean Stemmet, PJ Vermeulen ©, Rocco Jansen; Burton Francis, Enrico Acker; Leon Karemaker, Justin Downey, Deon Carney, Jaco Nepgen, Edwin Hewitt, Brummer Badenhorst, Matthew Dobson, Steph Roberts. Reserwes: Simon Westraadt, Eugene Butterworth, Janro van Niekerk, Joubert Horn, Marnus Schoeman, Marnus Hugo, Jacques Coetzee, Walter Venter.
|