2010-3-8
Vermaak Nieu-Seeland toe
Jano Vermaak teen Bulls

Die Opkomende Springbokskrumskakel Jano Vermaak gaan hom desnieteenstaande sy swak peil by die Leeus in Nieu-Seeland aansluit. Hy en die vleuel Wigan Pekeur vervang die beseerdes, Deon van Rensburg en Dusty Noble.

Vermaak was Saterdag op Nigel vir die Vodacomspan verroes en eers nadat Chris Jonck hom vervang het, kon die Leeus aan die gang kom.

Vermaak se keuse laat die oë rek met JP Joubert en Jacques Coetzee reeds in Nieu-Seeland en dit terwyl die span geen erkende buitesenter het nie.

Jannie Boshoff, wat vleuel en senter kan speel, sou ‘n beter keuse gewees het terwyl Vermaak sy voete in die Vodacomreeks kon vind.

Die slot George Earl se skouer blyk nie ernstig beseer te wees nie en geen ander plaasvervangers is aangevra nie.