2010-2-8
Pukke sluk wind in Kaap
Andries Mahoney vs Ikeys

Die Pukke het Maandag in Kaapstad ‘n yslike wind gesluk toe die Ikeys se Tiere hul eerste oortuigende oorwinning oor die Potchefstromers behaal het.

Die Tiere het die wedstryd 18-11 gewen deur die Puk se foute in die moeilike winderige toestande op Grootte Schuur uit te buit.

Twee foute, een in die eerste helfte toe ‘n Puk nie ‘n rolskop van Matthew Rosslee kon beheer nie en ‘n tweede in die tweede helfte toe Neill Jacobs die bal in sy eie doelgebied laat val het, het die Puk gekos.

Maar eintlik het hulle al die wedstryd verloor toe hulle saam met die wind lank in hulle eie gebied gespeel het.

Met die Ikeys wat die Puk-skrum swaar laat leef het, is Puk in hul eie gebied vasgepen en het hulle besluit om in eie gebied te speel pleks van die wind in hul seile te gebruik.

Die Tiere het eenvoudig slimmer gespeel en die toestande beter gebruik. En dan het hulle ’n generaal in Rosslee gehad en die Puk  nie.

In die tweede helfte het Puk hul voorry verander en BG Uys en Aranos Coetzee opgestuur om damage controll te doen en die skrum was dadelik baie beter.

Die Ikeys het toe getoon waar hulle hul bynaam gekry het deur soos Tiere te verdedig wanneer daar ‘n Puk aan die bal geraak het.

Die Puk het baie beter gespeel maar met die telling in ‘n stadium 18-6 in die Kapenaars se guns, was die stryd half gewonne.

Die Puk het tot vervelens toe kantlyn toe geskop en vandaar gedryf totdat ’n Dirco Rautenbach-drie het hulle darem ‘n bonuspunt besorg het.

Die Puk moes in die tweede skof hard werk om veld te wen waarna die Ikeys hulle net teruggeskop het. Twee Ikey-strafdoele van meer as 50 meter het aan die Puk gewys hoe dit gedoen word.

Punte:

Ikeys:
Driee: Marcello Sampson, Dayne Jans. Doelskoppe: Matthew Rosslee. Strafdoele: Marcel Brache, Doug Mallett.

Pukke: Drie: Dirco Rautenbach. Strafdoele: Worsie Kotze (2).