2010-3-5
Puk-kaptein se kop rol
Savvas Nel

Die koppe het gerol toe die Puk se valbyl Vrydagoggend geval en die kaptein Dirco Rautenbach die prys vir ‘n rits onoortuigende vertonings betaal het.

Rautenbach, bloot ‘n passasier in die span, word as kaptein deur die haker Stoffel Duvenhage vervang en kry nie eers plek in die 23-tal nie.

Rautenbach se plek op slot word deur die hardwerkende Bones Robbertze geneem terwyl Savvas Nel, die Puk se aggressor, ook terugkeer.

Hoed af vir Rudy Joubert wat uiteindelik besluit het om die moeilike besluite in belang van die span te neem.

Die loskop BG Uys begin ook uiteindelik langs die nuwe kaptein met Aranos Coetzee op vaskop.

Die jong agtsteman PJ van Zyl behou sy plek in die span na ‘n goeie vertoning teen die Madibas.

Agter begin die Jacobs-boeties, die losskakel Neill en die buitesenter Ruan weer en Kempie Rautenbach, wat twee drieë teen NMMU gedruk het, is ongelukkig om sy plek te verloor.

Die Luiperd-Bom, Shuaib Samaai, begin op regtervleuel en kan ‘n groot impak op die toernooi maak. Sy Luiperd-spanmaat Ghafoer Luckan is op die bank.

Die reserwe-skrumskakel Janis Terbanche is terug in die 23-tal en dit was hittete of die pienk-broek Andries Mahoney het nie begin nie.

Pukke vs. TUT: Worsie Kotzé; Bom Samaai, Ruan Jacobs, Wouter Watermeyer, Johannes Seerane; Neil Jacobs, Andries Mahoney; PJ van Zyl, Siya Mdaka, Savvas Nel, Markus Fourie, Bones Robbertse, Aranos Coetzee, Stoffel Duvenhage ©, BG Uys. Reserwes: BW van Dyk, Snoepie Coetzee, Martin Dreyer, Thabo Molete, Jaco Lotter, Janis Terblanche, Kempie Rautenbach, Ghafoer Luckan.