2010-2-4
Johnson kry nuwe vleuelmaat
Dane Johnson met bal teen Tuks

Die oud-Ikey Dane Johnson het Maandag ‘n nuwe vleuelmaat wanneer hy vir die Pukke in Kaapstad teen sy Alma Mater te staan kom. Andrew van Wyk begin in sy 10e Varsitybekerwedstryd op linkervleuel in die beseerde Danie Dames se plek en Jaco Lotter is aan die kant van die skrum ingesluit.

Dié twee veranderinge is die enigstes aan die Puk se beginspan vir die stryd teen die Kaapse studente. Lotter het verlede jaar in ses wedstryde in die Varsitybeker en vandeesweek van die bank af gespeel.

Van Wyk en Lotter het elk dus reeds baie ervaring op die vlak nadat hulle die Luiperds se Onder 21s ook verteenwoordig het.

Die aanwins uit Natal, Siya Mdaka, het sy plek in die nommer sewe-trui aan Lotter afgestaan en is die enigste speler wat sy plek in die beginspan verloor.

*Die Ikeys het twee Malletts op die bank ingesluit vir Maandag se stryd. Matthew Rosslee begin op losskakel terwyl almal verwag het Douglas Mallett sal in die nommer-10-trui begin. Greg, ‘n flank, is ook op die bank.

Die spanne:

Puk: Worsie Kotzé; Dane Johnson, Ruan Jacobs, Wouter Watermeyer, Andrew van Wyk; Neill Jacobs, Andries Mahoney; Thabo Molete, Jaco Lotter, Savvas Nel, Markus Fourie, Dirco Rautenbach ©, Stoof Bezuidenhout, Stoffel Duvenhage, Snoepie Coetzee. Reserwes: BW van Dyk, BG Uys, Aranos Coetzee, Bones Robbertze, Siya Mdaka, Cecil Dumont, Wensley Scott, SP Marais.

Ikeys: Therlow Pietersen; Marcello Sampson, Marcel Brache, Tim Whitehead, Peter Haw; Matthew Rosslee, Stuart Commins; JJ Gagiano, YaYa Hartzenberg, Nic Fenton-Wells ©, Martin Muller, Donovan Armand, Grant Kemp, Dayne Jans, Ashley Wells. Reserwes: Mark Goosen, Chris Heiberg, Greg Mallett, Levi Odendaal, Nic Groom, Sean van Tonder, Douglas Mallett, Wesley Chetty.