2010-3-10
Annandale 'n Griffon
Gavin Annandale vir Cheetahs se jongspan

Die oud-Valkeslot Gavin Annandale, wat tans in die Vrystaat klubrugby speel, sluit hom aanstaande week by die Griffons aan om die Perstruie se diepte op slot te versterk.

Annandale, wat in Welkom gebore is, keer op ‘n manier terug huis toe en is ‘n groot aanwins vir die Griffons. Hoewel hy steeds kwalifiseer om Onder 21-rugby te speel, het hy die Valke verlede jaar reeds vyf keer verteenwoordig.

Die Griffons het die ou man Eddie Fredericks ook weer in die beginspan ingesluit na sy driekuns teen die Welwitchias. Hy vervang Glen Mafumo wat vir hom teen die Griekwas ingestaan het.

Die Griffons-slot-flank Marnus Briedenhann het sy neus gebreek en is nie vir die stryd in Witbank teen die Pumas beskikbaar nie en die vaskop Gert Greyling is ook beseer.

Briedenhann word deur Johnny Fourie vervang en Greyling deur Sewes Oosthuizen. Nie een van die twee sal die span verswak nie.

Griffons vs. Pumas: Tertius Maarman; Eddie Fredericks, Werner Griesel, Thabang Molefe, Darryl Coeries; Tiaan van Wyk, Enrico Schultz; Nicky Steyn, Johnny Fourie, Albert Parsons, Leon Grobbelaar, Windpomp van Rooyen, Sewes Oosthuizen, Derick van Heerden, Sarel Louw. Reserwes: Graham Heynecke, Kevin Stevens, Earl Daniels, Donovan Ball, Bronwyn Gysman, Virgil Russell, Glen Mafumo.